‘die-kerkhorlosie’

Toe ek nog ‘n laerskoolkind was, was die mooiste ding in Heidelberg vir my die horlosie in die Klipkerk se toring.

Ek het op daardie stadium nog nie ‘n polshorlosie gedra nie, maar dit was nie nodig nie;  ‘n mens kon altyd die korrekte tyd op die kerkhorlosie sien wanneer jy dorp toe gegaan het.  Maar die grootste aantreklikheid was die klokkespel.  Op die uur het die horlosie, behalwe die relevante aantal slae wat die uur aandui, ook ‘n wysie gespeel wat so welluidende oor die dorp uitgespoel het.  Dit was die bekende “Westminister Chimes”.  Op die uur is die hele wysie gespeel, maar op elke kwartier slegs ‘n gedeelte van die wysie sodat ‘n mens heeltyd geweet het of dit kwart oor-, of half- of driekwart voor die volgende uur was.

So het die Klipkerk nie net met sy sig nie, maar ook met klank Heidelberg gedomineer.  Veral in die nagtelike ure het hierdie bekende en gerusstellende klanke my laat voel ek behoort “nie net aan Heidelberg nie, nie net aan die kerk nie, maar aan die Skepper wat al hierdie mooi goed vir ons gegee het en altyd oor ons die wag hou”.

– Oom Ed de la Harpe 


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui