‘die-stryd-om-hoerskoolkoshuise’

Tot aan die einde van 1959 het die Hoër Volkskool se koshuise aan die Klipkerk behoort en het ook as die kerkkoshuise bekend gestaan. In die laat 1950’er jare wou die hoof van die hoërskool, Dr. A.P. du Toit hê dat die koshuise aan die Provinsial Administrasie oorgedra moes word.  Die destydse leraar, Dr. A.E. Faul Bosman was heftig daarten gekant – die kerk moes die beheer oor die koshuise behou.

Elke kerkraadsvergadering is gekenmerk deur warm besprekings en heftige botsing tussen die skoolhoof en die leraar. Die kerkraad was ook in twee groepe verdeel.

Een aand het Dr. du Toit laat by die vergadering aangesluit.  Tot op daardie stadium het die vergadering vlot en rustig verloop. Met die aankoms van Dr. du Toit egter, was die saak van die koshuise weer ter tafel en niks wou vlot nie. Naderhand het die leraar voorsitter in frustrasie uitgeroep: “Dit lyk my die duiwel is nou in ons midde!” 

Dr. du Toit was onmiddellik op sy voete met die woorde: “Na wie verwys die eerwaarde voorsitter nou?”

Dit het baie mooipraat gekos om die warm gemoedere te kalmeer!

Die koshuise is aan die einde van 1959 aan die Provinsiale Administrasie oorgedra.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui