‘die-verlore-seun-se-broer’

Op ‘n Sondag in die vroeë dae van ons kerk, het ‘n Skotste leraar ons gemeente besoek.   Hy sou daardie dag die oggend- sowel as die aanddiens waarneem.  

In daardie dae was die eredienste baie ernstig en formeel.   Groot klem is gelê op stilte, eerbied en gewydheid en almal was in hulle styfste Sondagklere getooi.   Niemand sou ooit in die kerk gepraat het nie en beslis nie gelag het nie.   Dit was, kortom, ‘n sonde!  Tydens sy preek het die Skot ‘n grappie vertel en sommige van die gemeentelede het gelag.

Na die diens in die konsistorie is die Skote leraar ernstig deur die predikant en die kerkraad aanspreek en oor die kole gehaal oor die onstigtelikheid en gebrek aan eerbied vir die gees van die erediens.   Daardie aand het die Skot weer gepreek.   Hy het nie weer ‘n grap vertel nie, maar in sy gebed ernstig gebid vir die predikant wat, net soos die verlore seun se ouer broer, nie gelukkig en vrolik in sy vader se huis kan wees nie!  Hoe het tye nie verander nie?


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui