Groeteboodskap: Ds. Alta

As klein dogtertjie was dit altyd vir my ‘n groot stuk opwinding om elke week kerk toe kan gaan. Kerk het natuurlik vir my beteken “daar waar jy saam jou maats die Here kan dien” selfs en natuurlik, baie belangrik dat kerk is “daar waar ek die Here se werk kon raaksien in mense wat getuig het van dit wat die Here vir hulle gedoen het”. Kerk is daar waar jy die Here se hart raaksien, meer as op ander plekke. Kerk is liefde, genade en omgee.

Vandag is dit vir my \’n besonderse voorreg om weer deel van die gemeente te wees op ‘n besondere manier. Dit is ook met ‘n groot hart waar ons vanjaar feesvier. Ons vier nie fees oor die gebou nie, ook nie oor die mense nie, ons vier fees oor God se genade wat ons al vir 150 jaar vashou en deelmaak van Sy groot plan. In Kolossense 6:1 staan, “Die evangelie het julle bereik, en net soos dit in die hele wêreld vrug voortbring en verder versprei, gebeur dit ook by julle van die dag af wat julle van God se genade gehoor het en dit leer ken het soos dit werklik is.” God se genade is so ongelooflik groot in die gemeente, maar ook in die gemeenskap, want ons ervaar dit daagliks in verskillende gebeurtenisse. Tog, moet ons besef dat ons elke dag opnuut Sy genade kan ervaar en dat dit vir ons \’n geleentheid is om hierdie genade van God vir ander mense te kan leer. Ons moet dit omarm en tot die beste van ons vermoë die Here se groot opdrag gaan uitleef.

My gebed is dat die Here Sy werk sal voortsit in die gemeente en dat elke gemeentelid bruikbaar sal wees vir die Here se wonderlike planne en werk. Soos wat Kolossense 6:1 sê, dat ons die vrug sal bly voortsit. Mag ons werklik vir nog ‘n 150 jaar en langer die Here se genade, liefde en omgee leer ken en uileef.

Ds. Alta Kotzee

NS: Ds Alta Kotzee is in die Klipkerk gedoop, aangeneem en het hiervandaan teologie gaan studeer.  In 2014 is sy aangestel as die eerste vroue leraar in die Klipkerk en sy is dan ook onlangs uit die Klipkerk getroud!


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui