‘Koshuis toe’

In Ds. P.J. Viljoen se tyd het die pastorie in Van der Westhuizenstraat met ‘n welige vrugteboord gespog – daar was vrugte vir Afrika!

Die erf het destyds tot onder aan die spruit gestrek (vandag die gastehuis en Oude Werf). Natuurlik het die boord talle nagtelike besoekers uit, veral, die skoolkoshuise gehad. Vrugtediewe was die Viljoens se nagmerrie. Ds. Viljoen ontdek eindelik ‘n gat in die heining naby die spruit en een nag gaan hou hy wag met sy kierie by hierdie “geheime” opening.

Ds. Viljoen was ‘n waardige en imposante figuur, sterk gebou met ‘n bokbaard en ‘n sterk, diep stem wat vir hom die bynaam van “ou parra” verdien het. Toe die eerste seun die nag deur die gat in die heining kruip en regop kom, kyk hy reg in die dominee se gesig vas. In sy diep, ryk stem vra Ds., “Seun, waar gaan jy heen?” en die seun sê, “terug koshuis toe” en stoot haastig agteruit.


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui