PRAKTIESE REËLINGS

DOOP

Elke eerste Sondag van 'n maand is Doopsondag.
Doopaansoeke word by die kerkkantoor voltooi 2 maande voor die doopdatum.
'n Doop-brief moet deur doopouers voltooi word.
Doopkategese word deur die Leraar gedoen.
Besoekende lidmate moet 'n toestemmingsbrief van hul gemeente een maand voor die beplande doop inhandig vir goedkeuring.

BEGRAFNIS

Begrafnisse en roudienste moet deur die kerkkantoor gereël word.
Kostes word direk by die kantoor inbetaal.

TROUES

Gemeente lede moet met hul leraar/kerkkantoor 'n datum vir die troue reël.
Die betrokke leraar doen voorhuwelikse kategese met die paartjie.
Gemeente lede moet ook die kerk vroegtydig by die kerkkantoor bespreek.

Soutkorrels

Die Soutkorrels is ons nuusbrief wat elektronies op ons gemeente se "Whatsapp" groepe op Vrydae deurgegee word.
Gemeente inligting, voorbidding asook gebeure vir die week verskyn in die Soutkorrels.
Inligting moet reeds Donderdae om 13h00 by die kerkkantoor ingehandig word.

Attestate

Nuwe lidmate moet asb lidmaatskapvorms by die kantoor voltooi sodat attestate van vorige gemeentes aangevra kan word.
Gemeentelede wie van adres en/of kontaknommers verander moet asb kerkkantoor daarvan in kennis stel.